DIE OORWINNAARS...
.. is 'n groep dwelmafhanklikes wat bevryding ontvang het in Jesus!
Ons was almal addicts! - party van ons was harde addicts: 5 tot 7 jaar op Tik of Heroïen (gespuit!). Ons was in verskillende rehabs - skoon uitgekom... om maar net weer te relaps. Meeste van ons was in die tronk gewees - en baie van die girls was prostitute. Ons weet wat dit is om op straat te bly - en om deur jou ouers weggejaag te word. Ons ken van maer-word as gevolg van Heroïen. Een girl het 27 kg geweeg.
Intussen het ons by Jesus uitgekom. Ons lewens het radikaal verander. Nou jubel ons!
En ja... party van ons het dit nie gemaak nie. Mareli (van Zero Tolerance) het vir ons 'n marmer-gedenksteen laat maak met die name op van almal wat ge-OD het of wat dood is van orgaanversaking. Op die steen is daar tans vier name. Jesus kan dit stuit - sodat daar nie 'n vyfde of meer name bykom nie.
Saam met ons werk 'n groep ondersteuners - mense wat hulle tyd opoffer om te ondersteun. Ons vat saam hande en reik uit na die strate toe.

HOE DIT BEGIN HET
Ongeveer 5 jaar gelede het Robert Lewis se paaie gekruis met 'n jong man met die naam Jan-Hendrik Olivier. Hy was 'n addict. Robert en sy vrou het hierdie man, sy vrou en kind onder hulle vlerk geneem - en vir hulle huisvesting gegee. Die Lewisse het die Oorwinnaars-kursus met hierdie jong mense begin doen. Dit was elke Donderdagaand.
Nog jong mense het bygekom - en later was daar 'n groepie van tot 20.
Terselfdertyd het Pastoor Renier van Kruisgenerasie in Middelburg inisiatief geneem om 'n dwelmbestrydings-aand te reël. Vandaar het die Leraarsforum begin help en 'n komitee benoem. 'n Artikel 21 maatskappy is gestig - en so is die OORWINNAARS gestruktureer. Tot vandag nog opereer die Oorwinnaars onder beskerming en seën van die Leraarsforum van Middelburg.

ons wese en visie
1. OORWINNAARS is 'n Christus-gesentreerde bediening.
2. DOEL: Om mense met enige vorm van verslawing te help (verder uiteengesit onder punt 4).
3. ONTSTAAN EN AARD:
· Om mense met afhanklikheidsprobleme skoon te kry tot op die vlak van nugterdenkendheid.
· Om hulle dan in kontak te bring met die lewende Jesus…
· …sodat hulle in sy Naam oorwinning kan ontvang….
· …en sekerheid van saligheid kan kry.
· Hulle word gelei tot die verwerkliking van 'n nuwe lewe in Jesus.
· As nuwe mense word hulle gehelp om sinvol in die samelwing in te skakel.
· Hulle selfwaarde word herstel.
· Hulle word elkeen 'n helper wat God se droom vir hierdie wêreld deel en daaraan meewerk naamlik om genesing en redding te bring aan gevalle mense.
5. FINANSIES:
· Oorwinnaars is afhanklik van finansiële steun uit die gemeenskap.
· Alle fondse word uitsluitlik aangewend ten behoewe van die afhanklikes.
· Die direksie, ondersteuners en ander helpers ontvang geen finansiële voordeel uit hierdie fondse nie.
6. SAMEWERKING:
· Oorwinnaars opereer in samewerking met Freedom Recovery Centre (Nigel), Bread of Life (Hazyview) en Veritas (Rustenburg). Mense wat uit hierdie instansies kom en by ons inskakel word begelei in 'n terugvalvoorkomings-program.
· Ons werk ook saam met die plaaslike polisie, parooloffisiere, staatsaanklaers en landroste.

- · Oorwinnaars het ongeveer vier jaar gelde ontstaan as 'n inisiatief van die Leraarsforum van Middelburg en funksioneer gevolglik onder seën van die Forum. Laasgenoemde bestaan uit leraars van Middelburg en omgewing.
- · Oorwinnaars is geregistreer as 'n artikel 21 maatskappy en word bestuur deur 'n direksie.
- · Die direksie bestaan gewoonlik uit 8 lede wat insluit leraars, beraders en ondersteuners.