DIE OORWINNAARS...
...is 'n groep eks-dwelmafhanklikes wat bevryding ontvang het in Jesus!
Ons woon en werk in Middelburg, Mpumalanga.
Baie van ons woon in die Koppiestraat-huis (foto regs).
Deel van die Oorwinnaars-bediening is dat 'n rekord gehou word van elkeen se vordering - veral die uitslae van die gereelde toetsing.
Ons het ook 'n houtkruis met die name op van almal wat langer as 'n jaar skoon is.

Ons kom elke Woensdagaand in die saal van die Kanonkop kerk in Dahlialaan bymekaar. Daar doen ons lof en aanbidding. Daar vertel elkeen hoe dit gaan. Ons bemoedig mekaar. Ons luister na 'n boodskap. Getuienisse word ook gegee.
Vir baie van ons is Woensdagaande dieselfde as wat ander mense onder Sondag se erediens verstaan. Hierdie is net baie meer vry - met baie ruimte vir die Heilige Gees om oor te neem. Die styl is voluit kontemporêr - maar baie natuurlik en eg!

Die bestuur vergader elke Woensdag 12.00 tot 14.00.
Die bestuur bestaan uit die agt Direksie-lede van die artikel 21 maatskappy asook ander vaardige mense. Daar is drie leraars, twee beraders, een verpleegkundige, en finansiële kenner en 'n aantal mense met gebedsgawes. Ons het ons ook toegerus as dwelmkundiges.